Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Konsert vol sang-juwele by Drostdy

“Ek gaan juwele uit die Afrikaanse musiekskatkis in ’n jazz-styl aanbied. Elke song vertel sy eie storie wat nie net die krag van die fabel nie, maar terselfdertyd ook die soepelheid en reikwydte van ons taal demonstreer.”

Dit is hoe die Stellenbosse sanger en liedjieskrywer Marthie Nel Hauptfleisch haar konsert beskryf wat Vrydag 9 Desember in die Drostdy-teater aan Die Braak aangebied word.

Marthie se speellys vir die aand sal onder meer insluit: Anita kom met die môretrein; Mannetjie; Die padda wou gaan opsit; Hasie hoekom is jou stert so kort?; Sproetjies; Sprokie van ’n stadskind; Oukraalliedjie; Groen is die land van Natal; Trein na Pretoria; Transkaroo; Groen koringlande; Waterblommetjies; In die skadu van ou Tafelberg; Al lê die berge nog so blou; Najaarsdroom en Die gebed.

Marthie het onlangs van Kanada teruggekeer waar sy haar merk gemaak het met verskeie toekennings in die musiekbedryf, uitsendings op vele radiostasies en optredes by onder meer die Flatland Festival, City Soul Sisters Music Fest en Maple Ridge Memorial Peace Park Festival.

By die Suid-Afrikaanse musiekfees KaNasie in Kanada het sy die verhoog gedeel met Coenie de Villiers, Pieter Smith, Dozi en Patricia Lewis. Marthie het reeds 14 albums van haar eie skeppings vrygestel waaronder Wag vir Reën, Stoot die blêddie bus, Twee tasseen’n Paspoort, Living the Dream, Ek is Spesiaal, Sing Afrikaans en Psalms van ’n huisvrou.

Marthie sal begelei word deur Leonore Bredenkamp op baskitaar, Dave Rawlings op tromme en Bram Potgieter op klavier wat ook die verwerkings hanteer het. Die konsert word Vrydag 9 Desember in die Drostdy-teater langs Die Braak op Stellenbosch aangebied.

Dit begin om 20:00 en toegang is R100 per persoon. Besprekings kan by 087 943 2459 of info@drostdyteater.co.za gemaak word. ’n CD met al die liedjies op, sal ook by die geleentheid te koop wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.