Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Sing saam by kuns- en musiekaand in Somerset-Wes

’n Musiek- en kunsaand word Maandag 28 November om 19:00 by die Somerset-Wes-biblioteek aangebied.

Daar sal sang, klavier- en klawerbordmusiek wees. Die jong pianis, Mike Wong, en Dillon April met sy jazz-orkes, Circle of Friends, sal ook optree. Sing saam en wen pryse met die vasvraspeletjies en gehoordeelname.

Geniet verversings en saamkuier terwyl kleurvolle skilderye te koop aangebied word.

Skenkings word as toegang aanvaar. Tommy Julies, ook ’n sanger, sal die seremoniemeester vir die aand wees.

Vir verdere navrae, bel Freda by 072 037 3567.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.