SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
300 km ten bate van Wuppertal

Pieter Holtzhausen, ’n plaaslike inwoner en kranige bergroete-hardloper, het sowat 300 km van Stellenbosch tot in Wuppertal oor berge en dale aangepak om geld vir dié klein Morawiese gemeenskap wat vroeër vanjaar in ’n hewige brand in puin gelê is, in te samel.

Die idee was om bewustheid te skep vir die gemeenskap en terselfdertyd geld in te samel vir die herbou van die dorpie. Hy ook die hele roete in sy leer-velskoene wat in Wuppertal gemaak is, afgelê.

“Die leerfabriek is een van die min geboue wat die brand weerstaan het. Ek het dus gehoop om hul produkte ’n bietjie deur die projek te bemark.”

Pieter het op die roete van agt dae – van 8 tot 15 November – ’n bergpad van Stellenbosch tot in Wuppertal gevolg.

Hy is deur die hele gemeenskap op die trappe van die kerk met sy aankoms verwelkom.

“Ek het eerstehands geleer dat dié twee gemeenskappe deur ’n lang bergreeks aan mekaar verbind is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.