Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
4 sterf in U-draai
Ongeluk
’n Botsing tussen twee voertuie het tot die dood van vier mense gelei. Ses mense is ook in die voorval op die R45 in Franschhoek beseer. Foto: ER24

’n Tragiese motorongeluk Saterdag 10 Oktober omstreeks 20:25 op die R45-pad in Franschhoek naby die Wemmershoek-pad, het skokgolwe deur die vallei gestuur.

Vier passasiers is op die toneel dood terwyl ses ander insittendes op die toneel vir matige tot kritieke beserings behandel is voordat hulle in die nabygeleë hospitale opgeneem is.

Die ER-24-woordvoerder, Russel Meiring, sê paramedici is die betrokke aand na die toneel uitgeroep waar hulle albei voertuie, ’n grys Ford-bakkie en ’n rooi Ford Laser-motor, in die middel van die pad aangetref het. “Drie mans en ’n vrou is noodlottig beseer en op die toneel dood verklaar.”

Sers. Marize Mentoor, ’n woordvoerder van die Franschhoek-polisie, sê volgens hul inligting het albei voertuie in die rigting van Franschhoek gery.

“Die Ford Laser het toe na bewering vinnig na die geelbaan beweeg en ’n U-draai gemaak, waarna die Ford-bakkie in die Ford Laser vasgery het. Twee mense in die Ford-bakkie (’n man en ’n vrou) en twee mans in die Ford Laser is dood,” sê Mentoor.

Die nooddienste het die vasgekeerde pasiënte uitgehaal en mediese hulp verleen. Daarna het Stellenbosch-brand-en reddingsdienste bygestaan om die pad te beveilig.

“Vier mense sterk nog in die hospitaal aan – een in die Tygerberg-hospitaal, een in die Stellenbosch-hospitaal en twee in die Paarl-hospitaal,” het Mentoor gesê.

Die twee mans wat in die Ford Laser dood is, is van Khayamandi en die ander oorledenes, die man en vrou wat in die Ford-bakkie gery het, is van Groendal, Franschhoek.

Albei voertuie is by die polisie ingehandig. Volgens Mentoor is ’n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak. Nog ’n botsing het Sondagaand 11 Oktober op die R45 buite Franschhoek op pad na Marlinique Estate gebeur.

’n Wit bakkie en ’n blou voertuig was in die botsing betrokke, maar niemand is dood nie. Die insittendes het wel ligte beenbeserings opge­doen. Een van die bestuurders se bloed is getrek en hy is in die hospitaal opgeneem. Die ander bestuurder is op aanklag van roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.