Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aanbieder gas by volgende Woordpret
Tracey Lange Foto: Jaco Marais

Tracey Lange, aanbieder van die TV-programme Bravo! en Tussen Ons is op 12 Oktober die gas by die WAT se volgende Woordpret.

Tracey sal ’n blik agter die skerms van die TV-programme gee en vrywilligers uit die gehoor sal aan ’n onvoorbereide Tussen Ons-gesprek kan deelneem. Sy is ’n spontane en gemaklike mens en daar sal ook nog heelwat ander verrassings wees.

Maggie Marais van Delaire Graff sal van die landgoed se uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is van 12:30 beskikbaar.

Tracey kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 minute.

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 mense. Bel Susan of Tanja voor of op 10 Oktober by 021 887 3113, of skakel die WAT by wat@sun.ac.za om ’n sitplek te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.