Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afleweraar met mes gesteek – vir ’n pizza

’n Afleweringsman van Debonairs Pizza in Klapmuts is Saterdagaand (29 Junie) omstreeks 20:00 deur ’n groep jong mans aangeval en in die arm gesteek toe hulle hom van die pizza wat hy wou aflewer, beroof het.

Volgens Arthus Geerdts, die eienaar van Debonairs, is die man, wat al drie jaar daar werk, met klippe bestook waarna hy van sy motorfiets geval het en met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan.

“Hoe kon hulle hom aanval terwyl hy sy brood en botter verdien – en dit vir ’n pizza? Dit was jong mans. Waar is hul ouers?”

Volgens Geerdts het dit nog nooit met een van sy werknemers gebeur nie. “Ek hoop die skuldiges sal gou vasgevat word. Dis hartseer dat onskuldige mense geteiken word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.