Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afstelling van 2020-Kaasfees laat leemte

Die grootste buitelug-kulinêre gebeurtenis in Afrika, die 2020 Suid-Afrikaanse Kaasfees, is afgestel weens die nasionale verbod op byeenkomste van meer as 100 mense. Die gewilde fees sou vanjaar die 19de keer van Saterdag 25 tot Maandag 27 April 2020 op Sandringham buite Stellenbosch aangebied word.

Die raad van Agri-Expo, die organiseerder van die SA Kaasfees, het die afgelope week wyd met die provinsiale regering en ander rolspelers vergader in die lig van toenemende kommer oor die korona-pandemie.

Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, het die fees se vennote, uitstallers en ondersteuners bedank vir hul begrip en geduld. “Die SA Kaasfees bied jaarliks ’n platform aan kaasmakers en entrepreneurs van reg oor die land om hul produkte aan tot 30 000 feesgangers bekend te stel. Die afstel van die SA Kaasfees sal ’n gewisse ekonomiese impak hê.”

Alle betaalde kaartjies sal deur Computicket vergoed word. Kaartjie-houers sal direk gekontak word.

Vir nog inligting, besoek www.cheesefestival.co.za of Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.