Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Almal by Idasvallei-mark moet permitte hê

Almal wat ’n stalletjie by die Idasvallei-mark wil hê, moet die nodige permit hê om handel te kan dryf.

So het Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder by die Stellenbosch-munisipaliteit, gesê.

’n Aantal mense wat sonder ’n permit stalletjies by die mark gehad het, is verlede week van die handelsterrein verwyder.

Die kwessie is intussen opgelos nadat ’n vergadering met die munisipaliteit se plaaslike ekonomiese ontwikkelings­departement belê is.

Die Idasvallei-mark, oorkant die Idasvallei-biblioteek, is ’n nuwe markie wat in Oktober vanjaar by ’n nuwe handelsterrein geopen het.

“Die mark verskaf plaaslike entrepreneurs en kleinsake-eienaars die geleentheid om hul produkte te verkoop, en sover is die mark goed deur inwoners sowel as besoekers ondersteun,” het Grobbelaar gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.