Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ATKV beloon vir lonende Cloetesville-tuinprojek

Die Cloetesville-tak van die ATKV is onlangs deur die nasionale tak vereer vir ’n tuinprojek wat verlede jaar in Smartie Town begin is.

Maria Dreyer, een van die dryfkragte agter die projek, het die sertifikaat by die prysuitdeling in Limpopo ontvang.

Volgens Dreyer het die departement van landbou al die toerusting voorsien. Altesaam 20 mense is opgelei hoe om vir hulself groente en speserye te plant. “Ek self het aartappels en pampoen geplant en ek moet sê die goed wat direk uit die grond kom smaak anders as dit wat in die winkels verkoop word. Een van die mans wat deelgeneem het, het gesê hy het nie kos in sy huis nie, toe sê ek ‘verkoop jou groente’.”

Roeleen Snel het die opleiding voltooi waarna haar man, Clive, grootliks in hul tuintjie in Smartie Town gewerk het. “Ek het onder meer wortels, beet, kropslaai, komkommer, drie soorte tamaties, spinasie, kool, waatlemoene en basil geplant. Ons gebruik die groente, maar ek verkoop dit ook vir ’n inkomste.”

Clive maak ook stegies vir ander huishoudings en word dan vir die instandhouding daarvan betaal. “Ek het ses permanente klante. Ek installeer vir hulle waterstelsels en erdwurmplase.”

Hulle het as deel van die projek ook fietse ontvang met twee kanne waarmee hulle gryswater kan vervoer.

“Ek waardeer dit baie. Dis ’n baie goeie projek en is nou ’n inkomste vir my. Ek het nie geweet ’n mens kry verskillende soorte wortels, spinasie en verskillende iets van elkeen nie. Ek is baie trots op my tuin en dis ook goeie terapie. Ek nooi soms lede van die gemeenskap om speserye vir sop te kom haal,” vertel Clive.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.