Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Baie dankie vir erkenning

Ek verwys graag na die voorbladberig in verlede week se Eikestadnuus.

Dit is verfrissend om te sien dat sulke lekker goeie nuus nog op die voorblad van ’n gemeenskapskoerant soos Eikestadnuus verskyn.

Die goeie nuus word te veel onder die maatemmer weggesteek en oordonder met al die onheil wat in ons gemeenskappe gebeur, maar ook dit moet natuurlik uitgelig word.

Ek wil veral e’Bosch bedank vir sy eerbetoon aan gewone mense wat daagliks uit hul pad gaan om hul medemense te help – ongeag hul eie omstandighede.

Ek is regtig trots om ’n inwoner van hierdie streek te wees waar mense erkenning vir hul weldade kry.

Julle is die helde en heldinne wat dit die moeite werd maak om aan te gaan en hier te bly.

Piet Skiet,
Jamestown
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.