Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende skrywer kom praat oor sy jongste boek

Eikestadnuus se gewilde Ontmoet die skrywer-geleentheid bied 30 Oktober ’n unieke geleentheid om Deon Meyer te hoor gesels oor sy jongste roman, Prooi.

Hierdie Ontmoet die Skrywer-geleentheid word in die Drostdy-teater in Alexanderstraat in samewerking met Human & Rousseau aangebied en begin 18:00.

Dit is die eerste geleent­heid in die Wes-Kaap waar Meyer oor sy nuwe boek gaan gesels.

Etienne Bloemhof sal die gesprek met Meyer lei.

Meyer gaan oor die nuwe weder­varinge van sy veteraanspeurder, Bennie Griessel, gesels.

Hierdie keer is dit ’n weke oue saak wat deur die Valke verbrou is en wat Griessel moet probeer uitpluis.

Dit speel in die Karoo naby Drie Susters af waar die lyk van ’n gewese polisielid langs die spoorlyn gevind is. Twee verdagte passasiers wat op ’n luukse trein was, het spoorloos ver­dwyn en bestaan skielik nie meer nie.

Boonop was die polisielid ook skynbaar op die trein, maar hy het afgespring. En natuurlik druk Griessel se bevelvoerders hom om die saak op te los en die BBP-beskermingseenheid help nie juis nie.

Kom luister na Meyer se geselsie en hoor by hom hoe hy die een treffer ná die ander op die rakke laat verskyn.

V Kaartjies is teen R60 deur Computicket beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.