Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Benoemings oop vir e’Bosch-eretoekennings
Dié embleem simboliseer die poging van die e’Bosch-erfenisprojek om ‘n verenigde erfenis vir al die gemeenskappe van die groter Stellenbosch-streek tot stand te bring.Foto:

Uitnemende bydraes wat deur individue oor ‘n lang tydperk gemaak is tot kultuurbevordering en erfenisbewaring in die Stellenbosch-distrik is vanjaar se tema vir die e’Bosch-eretoekennings. Nominasies vir hierdie jaarlikse eretoekennings deur die e’Bosch-erfenisprojek kan nog tot 20 Julie gemaak word.

Vanjaar se toekennings sal gaan aan individue wat doelbewus werk aan die doelwitte van die e’Bosch-erfenisprojek se Verklaring van Voorneme. Hierdie doelwitte is daarop gemik om ’n gemeenskap daar te stel wat mekaar ken, waardeer en respekteer, hoofsaaklik deur middel van enige vorm van kultuurbedrywighede. Individue wie se werk in ’n meer gestruktureerde of formele omgewing deur byvoorbeeld navorsing of opleiding ’n buitengewone verskil gemaak het, sal ook erkenning kry.

Diegene wat hulle beywer vir die bewaring of handhawing van erfenis in ’n bepaalde gemeenskap of vir Stellenbosch in die algemeen, word op dié wyse erken. Dit kom daarop neer dat individue deur hul werk, belangstelling of stokperdjies die Stellenbosse kultuuromgewing positief moes verryk het.

Die eretoekennings word by e’Bosch se openingsfunksie op 29 Augustus vanjaar deur die Stellenbosch-munisipaliteit se burgemeester en die rektor van Universiteit Stellenbosch oorhandig. Dit sal die sewende agtereenvolgende jaar wees dat die e’Bosch-erfenisprojek hierdie toekennings maak.

Stellenbosch se e’Bosch-erfenisprojek is een van die mees unieke bewegings van sy soort in die land. Die grootste deel van sowat 30 projekte word vanjaar hoofsaaklik weer gedurende Erfenismaand, September, aangebied. Bykans al die dorpies van die distrik neem hieraan deel. Dit sluit onder meer in Cloetesville, Devonvallei, Idasvallei, Jamestown, Kayamandi, Klapmuts, Kylemore, Lanquedoc, Pniël, Raithby, Vlottenburg, Stellenbosch-sentraal en die plaasgemeenskappe.

Nominasies vir hierdie toekennings moet op ‘n amptelike aansoekvorm gedoen word. Kontak Carol Lakay by admin@ebosch.co.za of skakel 021 887 7944/079 857 5158 vir meer inligting en ‘n afskrif van die nominasievorm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.