Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Benut Stellenbosch-berg, maar wees versigtig’

’n Gedeelte van die Stellenbosch-berg agter Coetzenburg behoort aan die Universiteit Stellenbosch. Dis ’n omgewing waar oud en jonk die unieke omgewing en bergroetes te voet of met bergfietse kan verken – aldus die US. Die US wil graag hê die Stellenbosch-gemeenskap moet hierdie natuurlike skatkis in hul agtertuin, wat ook ’n waardevolle biologiese ekosisteem binne die Kaapse blommeprag is, ten volle geniet.

“Die berg is daar vir enigeen om te geniet, maar die US vra Stellenbossers om ook die reëls na te kom. Toegang tot die berg is op eie risiko en die universiteit kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade of beserings nie,” sê prof. Stan du Plessis, die US se uitvoerende bedryfshoof.

“Daar is kennisgewings op die roetes wat die reëls bevat en jou waarsku teen gevaarlike plekke. Toegang is nie beperk nie en die US kan niemand se veiligheid waarborg nie.”

Die US wil graag die volgende reëls uitlig:

V Wees bedagsaam teenoor alle gebruikers van die roetes.

V Bly op die gemerkte roetes.

V Moenie die fasiliteite snags gebruik nie.

V Dit is altyd beter om nie alleen te stap, hardloop of fiets te ry nie.

V Wees altyd waaksaam en oplettend.

V Honde moet altyd aan ’n leiband wees.

V Die damme word vir besproeiing gebruik en is nie geskik vir swem nie.

V Jy mag nie vuurmaak nie.

V Moet asseblief nie rommel strooi nie, en

V Meld asseblief enige voorvalle by Kampussekuriteit by 021 808 2333 aan.

Du Plessis sê die US wil graag hê die Stellenbosch-gemeenskap moet die berg gebruik en geniet. “Dit is ’n pragtige plek op ons agterstoep om ná ’n dag se harde werk te gaan ontspan. Geniet die berg, maar wees bedag­saam – ook teenoor ander gebruikers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.