Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bestuur kan beter doen met besluite

Danksy die waaksaamheid en moed van oortuiging het ’n pastoor en ouer van ’n vooraanstaande Curro private skool ’n sede-ondermynende uitstalling van die gruwelikste sataniese, Godslasterlike sketse in die skoolsaal van Grantleigh-skool (KwaZulu-Natal) op sosiale media onthul.

Hierdie kommentaar handel egter nie oor ’n filosofiese debat oor wanneer die grense van vulgêrheid en kuns oorgesteek word nie, maar oor pligsversuim.

Dis ’n skool se plig om ’n kultuur te skep wat jeugweerbaarheid bevorder en alle omstandighede wat dit kan skaad, aktief teen te staan.

My kommentaar het in essensie niks te doen oor Satanisme of Christelike geloof nie. Dit belig eerder waarskynlike gebreke in en versuim van die vooraanstaande Curro-groep se skole se topbestuur om tydig en deurlopend aandag te gee aan hul organisasiekultuur en waardestelsels.

’n Mens het weer tot die besef gekom dat geld nie waardes kan koop nie.

’n Mens lei af dat die voorval oop en bloot by die skool gebeur en selfs pryse gewen het. As dit byvoorbeeld as in ’n “kunsfliek” aangebied is, kon ’n ouder­domsbeperking an 4-21 toegepas word.

Daar is regtig geen etiese gronde waar­op Curro se uitvoerende bestuur sy versuim sou kon verdedig nie. Waarskyn­lik is die voorval nie die eerste van sy soort by skole binne die groep nie. Soiets bou oor tyd op as tydige teenwigte dit nie in die kiem smoor nie.

Vir seker kon ’n wakker bestuur dit oor ’n tyd voorsien het as hul etiese kode reg was en toegepas is.

Met ’n Christelike basis sou ’n mens hoop dat daar ’n bepaalde etiese kode met selfregulerende wigte en teenwigte sal wees en deurlopend beheer en bestuur van etiese norme weerspieël word in hul deurlopende werwing, aanstellings, bevorderings en ontslag.

Gedurende die grensoorlogdae was daar, ’n gesegde van die “Koevoet Spesmagte” wat gelui het: “As jy ’n terroris vang wat die riviergrens oorsteek, gesels net lank genoeg met hom totdat hy insien dat hy eintlik ’n krokodil is.”

Nou, almal weet wat doen ’n krokodil met jou. Dis nou as jy dit nie eerste met hom doen!

’n “Siek Grap”, maar duidelike illustrasie tot watter erge vervlakking van norme en barbaarsheid oorlog mens se denke kan afstomp.

Niemand kan daarvan verskil nie dat ons SA samelewing in ’n oorlog gewikkel is teen erge barbaarse vervlakking van sedes en waardestelsels wat veel te wense oorlaat.

Die Curro-bestuur het vinnig, maar te laat, probeer skadebeheer toepas deur die publieke klaers te probeer oortuig dat die terroriste in die kamer maar net ’n krokodil is.

Te laat . . . die indruk was reeds geskep.

Daar was selfs ’n vooraanstaande en gesiene filosoof wat hom deur SABC se vroegoggende Monitor-program in ’n lokval laat lei het om lang filosofiese menings uit te spreek oor kunsgrense. Die onderwerp moes Curro se bestuur se versuim wees.

Pienaar,
Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.