Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bestuur tog dié bus reg

Die dorp het met die sluiting hierdie week van die kantoor van Stellenbosch360 in werklikheid aan die einde van ’n era gekom. Heelwat onderhandelings en gesprekke het hierdie stap voorafgegaan en talle rolspelers wat na die bemarking van Stellenbosch moet omsien, was by die proses betrokke.

Die aanloop tot hierdie suksesvolle toerismebemarkingsorganisasie strek veel verder terug as die agt jaar wat die agt-stuks personeel die kantoor by Markstraat 36 beman het. Saam het hulle langer as 70 jaar ervaring van toerismebemarking en dit het hulle dag ná dag tot voordeel van Stellenbosch, sy mense en die persepsies wat die buitewêreld oor die dorp het, verbeter en uitgebou.

Soos met enige onderneming wat ’n gemeenskap dien, was daar onstuimige tye, maar dit het gewoonlik met groei gepaardgegaan en baanbrekerswerk is uiteindelik gedoen. Dink maar terug aan die dae toe die naam vir die generiese bemarkingsliggaam gekies is en die debatte en kommentaar oor die 360. Maar die tyd het bewys dat dit die regte keuse was en onder die vaandel van hierdie organisasie het alle gemeenskappe in die groter Stellenbosch mettertyd ’n staanplekkie in die son gekry. Klein begin, maar met verreikende gevolge.

Talle hoogtepunte kan aan hierdie organisasie en sy personeel toegedig word, insluitend die totstandbringing van die baie suksesvolle Dining with Locals-projek wat oor ’n tydperk van drie jaar meer as 3 000 besoekers na huise van mense in die Stellenbosch-gemeenskap vir ’n ware mense-ervaring gebring het.

Nuwe uitdagings lê nou en wag en die nuwe bemarkingsliggaam wat moet toesien dat Stellenbosch ’n voorkeurdorp bly, is omvangryk.

Hopelik weet die spreekwoordelike hond wat die bus gejaag en gevang het, wat om met daardie bus te maak, want dié bus is op koers en op spoed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.