Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blikkieskos hou magies en Voedingsaksie se spens vol
Liesel Koen van Stellenbosch Voedingsaksie.Foto: Michelle van der Spuy

Hongersnood is nie net diegene wat dit raak se probleem nie. Dit is ons almal se probleem.

Daarom glo Liesel Koen, die vrou aan die stuur van Stellenbosch Voedingsaksie, dat Stellenbosch CAN ’n wonderlike inisiatief is – dit betrek die hele gemeenskap.

“Dit is ’n groot aanwins vir ons op vele terreine. Afgesien van die ongelooflike en welkome donasie van blikkieskos is dit ook die skakeling met die skole, ondernemings en gemeenskap van Stellenbosch wat betekenisvol is.

“Mense raak meer direk betrokke by mense wat swaarkry, of dit is om ’n blikkie in die masjien te gooi of saam te span met ’n groepspoging, of deur uitreiking na die gemeenskap by ’n voedingspunt.”

Sy vertel die blikkieskos word dwarsdeur die jaar “gerek” en kom veral handig te pas gedurende die koue wintermaande wanneer meer mense by die organisasie aanklop vir kos.

“Blikkieskos is ’n duur item en dus nie ’n begrotingsitem nie. Ons waardeer die kosbare geskenk en bydrae wat ons taak beslis ligter maak om voedselsekuriteit te bevorder in die Stellenbosch-gemeenskap.”

Stellenbosch Voedingsaksie gebruik die blikkieskos om hul onderskeie voedingspunte te ondersteun.

Stellenbosch CAN word jaarliks deur Eikestad Mall in samewerking met Eikestadnuus en MFM 92.6 aangebied met die doel om soveel moontlik blikkies kos in te samel.

Verlede jaar is sowat 15 000 blikkies vanaf begin Maart tot einde Mei ingesamel.

Vanjaar sal daar hopelik nader aan 20 000 blikkies ingesamel word.

Stellenbosch Voedingsaksie gebruik die blikkieskos om hul onderskeie voedingspunte, wat weekliks gesamentlik 12 000 maaltye voorsit en 1 000 voedselpakkies na sowat 5 000 mense versprei, te ondersteun.

Blikkieskos kan geskenk word by twee spesiale masjiene in Eikestad Mall, oorkant Checkers en Food Lovers Market.

* Navrae oor Stellenbosch CAN kan gerig word aan Wagner Nel by 2 wagner@mseed.co.za. Navrae oor Stellenbosch Voedingsaksie kan gerig word aan 2 voedingsaksie@telkomsa.net.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.