Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boedel van Elizabeth-Ann Marie Roux opgeveil

Elizabeth Roux was een van twee kinders van Christiaan Ludolph Marais Roux en May Roux (née, Mudd oorspronklik van Luckhoff). Elizabeth se broer Pietie is in 2001 oorlede. Elizabeth-Ann is op 17 November 1929 gebore en is in die ouderdom van bykans 90 jaar op 10 Oktober 2019 oorlede.

Die Roux-familie het ’n ryke geskiedenis en noue verbintenis met Stellenbosch as eertydse eienaars van die plaas Mostertsdrift, wat vandag ’n bekende woonbuurt in Stellenbosch is. Hierdie familie is ook verbind aan die bekende oorlede Jannie Marais.

Ná die afsterwe van Christiaan Roux in 1995 is die inhoud van die opstal en die grond op ’n openbare veiling deur die destydse Stefan Welz & Co/Sotheby’s van die hand gesit. Die grond is deur die Universiteit Stellenbosch gekoop.

Elizabeth Roux was as verpleegkundige opgelei en het haar ouers tot en met hul dood versorg.

Sy was ongetroud.

Die afslaers Ashbey’s Galleries in Kaapstad is in opdrag van die bekende prokureursfirma Cluver en Markotter van Stellenbosch aangestel om die huis se inhoud van die boedel van Elizabeth Roux op ’n openbare veiling van die hand te sit.

Die 447 lotte wat onder die hamer gaan kom, sluit talle kunsskatte in van bekende Suid-Afrikaanse ou meesters soos olieverfskilderye van J.H. Pierneef en Hugo Naude, ’n skets van Maggie Laubser, talle olie- en waterverf-werke van ander kunstenaars soos Alice Tennant, Francois Krige, Allery Glossop, Nita Spilhaus, Neville Lewis asook Enslin du Plessis (wat ook ’n familievriend was).

Meer as 60 lotte Franse en Engelse tafellinne, waarvan die meeste nog nooit eens gebruik is nie, kom ook onder die hamer. Die veiling sluit ’n verskeidenheid silwer-, keramiek-ware, eetserviese, Persiese matte, kombuisware, tuinmeubels en ook ’n groot verskeidenheid antieke meubels in. Om nog groter swier aan die veiling te verleen, sal van die familiejuwele, wat vrouehorlosies, diamante en ’n verskeidenheid ander edelstene insluit, ook opgeveil word.

Die veiling word aanlyn aangebied in die vorm van ’n “timed online”-veiling, en het Woensdag 24 Junie begin. Dit sluit Woensdag 1 Julie om 21:00.

Die veiling kan by Ashbey’s Galleries, Kerkstraat 43, Kaapstad, besigtig word. Slegs agt mense op ’n keer sal per sessie toegelaat word.

Verdere navrae kan gedoen word by die afslaer, Inge Beck-Roberts, by inge@ashbeysgalleries.co.za, of die kantoor by 021 423 8060.

Die volledige geïllustreerde katalogus kan op die webwerf www.ashbeysgalleries.co.za gesien word, of die gratis Ashbey’s-toepassing kan afgelaai word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.