Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boer voor sy vrou vermoor

Stefan Smit (62), ’n bekende wynboer en eienaar van die plaas Louisenhof, is Sondagaand omstreeks 18:50 deur onbekende aanvallers in sy huis op die plaas doodgeskiet.

Volgens kapt. Nathalie Martin, woordvoerder van die Stellenbosch-polisie, het vier gewapende gemaskerde mans die huis deur die kombuisdeur binnegekom terwyl die inwoners om die kombuistafel gesit en gesels het.

Die deur was nie gesluit nie.

Die mans het Smit na bewering drie maal geskiet en hy het daar aan sy wonde beswyk.

Sy vrou, Zurenah, en ’n onbekende vriendin is ongedeerd. Die aanvallers het slegs ’n handsak, selfone en ’n polshorlosie gebuit voordat hulle Smit se vrou en die vriendin vasgemaak en die perseel te voet verlaat het. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

V Smit was reeds ’n geruime tyd in ’n stryd gewikkel om onwettige besetters van sy plaas Watergang langs Kayamandi verdryf te kry.

Hy is na bewering telkemale gedreig en het ook doodsdreigemente ontvang wat hom genoodsaak het om streng veiligheidsmaatreëls by sy huis in te stel. ’n Private veiligheidswag was deel hiervan.

Hy het ook suksesvol in die Wes-Kaapse hooggeregshof om ’n uitsettingsbevel aansoek gedoen. Buiten ’n beperkte poging deur die Rooimiere om die onwettige strukture van sy plaas te laat verwyder, het geen verdere optrede egter gevolg nie en meer as 1 300 onwettige strukture is sedert Augustus verlede jaar op die grond, wat deur die besetters tot Azania herdoop is, gevestig.

Hy het ook lank probeer om die grond aan die Stellenbosse munisipaliteit te verkoop en in ’n stadium het ’n groot grondontwikkelaar, Asla Konstruksie, aangedui dat hy die grond gaan aanskaf. Die transaksie het egter om verskeie redes skipbreuk gelei.

Die koop van die grond is egter verlede week, enkele dae voor Smit se dood, met die munisipaliteit gefinaliseer, wat dit vir ’n bedrag van R45 710 000 gekoop het.

Die oordragproses was ten tyde van Smit se moord aan die gang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.