Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bus se wiele rol weer in Eikestad

Die e’Bosch-bus se wiele rol weer vanjaar op ’n kultuurhistoriese toer wat die Stellenbosch-dorpsmuseum jaarliks onderneem as bydrae tot die e’Boschfees.

Vanjaar neem die begeleide toer ’n interessante nuwe wending deur te konsentreer op museums, terwyl daar ook besoek afgelê sal word by ’n paar van Stellenbosch se “dorpies”.

Op 15 September om 09:00 begin die toer by die Dorpsmuseum in Ryneveld­straat, waar inligting visueel oor die vier hoof-koloniale tydperke in die geskiedenis van Stellenbosch uitgelig sal word, tesame met inligting oor die slawegeskiedenis.

Van daar af stap die groep na die US Botaniese Tuin wat onlangs as een van nét nege botaniese tuine van besondere gehalte ter wêreld aangewys is. Die Bonsai-versameling, wat ook reeds internasionale erkenning ontvang het, sal ook besoek en bespreek word.

Die US Museum in Ryneveldstraat word hierna besoek vir meer inligting oor die kuns- en historiese versameling van die Universiteit Stellenbosch.

Hierna word vir die eerste keer op die bus geklim vir ’n besoek aan Jamestown om meer te hoor en sien van die foto’s wat die historiese verhaal van hierdie dorpie vertel. Die bus ver­trek dan na Cloetesville vir ’n baie spesiale ontvangs deur inwoners van hierdie dorpie. Die toer word afgesluit in die museum van Pniël, wat die geskiedenis van hierdie dorpie uitlig met ’n ligte middagete op eie koste.

Debbie Gabriels en Pietman Retief van die Dorpsmuseum sal die toer begelei. Buiten die ligte ete is die toer gratis en behoort dit teen 15:00 te eindig.

Die toer kos R80. Besprekings moet gedoen word by 0 021 887 2937 voor Vrydag 14 September.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.