Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Cheers op al die nuwe uitdagings!
rubriek
Hilton Biscombe

Gebreekte brood vir gebroke liggame en die wyn van ootmoed wat gereeld deur die kerk bedien is, bly in ’n staat van ontoereikend­heid as ouer mense hul verganklik­heid oordenk met die gediende Nagmaal.

Met die virus, wat soos ’n dief in die nag jou kan besoek, bly dit maar moeilik vir predikante as hulle die opdrag deur die staat aan hulle gegee, moet uitvoer.

Ek is seker dat dit nou net so moeilik met die voorwaardelike oopsluit van ons kerke is om die pensioenarisse uit te sluit wat broodnodig belangrik vir hulle is – as die vergifnis wat hulle soek vir dit wat hulle dink hulle verkeerd gedoen het.

Ek het al lankal van hierdie siening afskeid geneem. Nie dat dit nie belangrik is vir geestelike groepe nie. Inteendeel! Dit gee sin aan die samesyn van ’n kerkgemeenskap en versterk onderlinge verhoudings. Ek respekteer dit ten volle, ten alle tye.

Onwillekeurig word my gedagtegang onderbreek na een van die aangenaamste ondervindings in die kerk, in hierdie Oktober wat tradisioneel bekend was as die aannemingstyd van nuwe lidmate.

Jy het dan met jou blinke suit en pointer-skoene voor die kansel gestaan waar die jonge dames ook met hul wit rokke en hoede die eed van die kerk sou aflê. Die aanpas van hierdie rokke het gestrek oor lang maande. Hoe groter die rok, hoe groter die pronk en die hoede op hul koppe was nie van hier rond nie. Seker maar ingevoer van Parys!

“Ek gee jou die broederhand. Wees getrou tot die dood toe en ek sal jou die kroon van die lewe gee,” was eerwaarde se opdrag aan jou as hy jou hand skud dat die hoede tril en die broeke bewe – as sy stem jou oordonder tot teenaan die mure van die vol kerk, uit by die vensters en oor die vlaktes heen.

Die middagmaal agterna was groter as Krismis en die agtermidag-tee met koektafels wat volbelaai koekerig kreun van al die lekkernye om die gaste te bedien wat van die voordeur tot by die agterdeur uit na buite tot in die agterplaas strek wat vir Kosie en Trudy en Hansman moet voorsien van lekkergoed wat later sou lei na ’n maagseer wat toegeskryf kan word aan die oorvreet soos ’n otjie.

Met hierdie selfde maats, wat die volgende middag weer ’n draai kom maak, waar hulle weer met maagseer en seker maar die winde van genoegsaamheid in hul gemakshuisies later hul winde hoorbaar maak.

Oor dit alles kan ek boeke vol skryf. Maar hoe nou gemaak met hierdie Covid van ’n ding?

Hoe gemaak as jy nou nie meer uit een nagmaalbeker kan drink nie en dit nie meer mag doen nie? Hoe nou gemaak as die rules sê geen oumense (wie’s oud?) toegelaat word nie? Hoe nou gemaak as ons sy gebroke liggaam herdenk?

Sal ons met beterweterigheid ons predikante veroordeel soos sommige dit alreeds doen? Of sal ons in ’n God begin glo wat net liefde is en alles omvat wat ook die vergifnis insluit?

Mag u, ten spyte van alles, tog die kerke se feesdae geniet. Miskien met ’n kers en ’n afskaal met ’n rosyntjiebrood en ’n vol glas soetwyn en ’n cheers op die lewe wat vele uitdagings bied, soos nou!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.