Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Clarissa Lindoor-moordsaak uitgestel

Die saak teen Diaan Swartz (21), wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie, Clarissa Lindoor (27), vermoor het, is Vrydag 27 September in die plaaslike landdroshof tot 30 Oktober uitgestel.

Swartz, wat met sy eerste verskyning 17 September aangedui het hy gaan om borgtog aansoek doen, het besluit om nié met sy aansoek voort te gaan nie.

Die staat het gevra dat die saak uitgestel word omdat verklarings deur getuies en die verslag oor die lykskouing nog uitstaande is.

Lindoor is Saterdag 14 September op die plaas Nietvoorbij vermoor. Sy het veelvuldige beserings aan haar gesig en lyf gehad. Swartz is die volgende dag vir haar moord in hegtenis geneem. Die twee was vir vier jaar saam.

In ’n ander saak het Swartz ook op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Stellenbosch-streekhof verskyn. Die saak is tot 17 Oktober uitgestel.

Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n man Saterdag 1 Junie tussen 03:00 en 04:00, tydens ’n stryery oor drank, in die man se huis op dieselfde plaas met ’n mes gesteek het. Swartz was ten tyde van sy inhegtenis­neming vir Lindoor se moord op 15 September op borgtog van R500 uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.