Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Cloetesville-kinders kry verrassende Kersgeskenke

Neil Ellis-wyne het onlangs as deel van ’n liefdadigheidsinisiatief broodnodige produkte en Kersgeskenke aan die Nora Tyers-kindersorgsentrum in Cloetesville geskenk.

Die Nora Tyers-kindersorgsentrum word hoofsaaklik deur die departement van maatskaplike ontwikkeling gefinansier en is ’n kindersorgsentrum vir kinders tussen ses maande en vyf jaar oud.

Die sentrum bied as deel van die vroeë ontwikkelings­program binne die konteks van speelgroepies kinderkuns en opvoedkundige aktiwiteite aan vir groot- en kleinmotoriese ontwikkeling.

“Die welsyn van kinders was nog altyd ’n groot voorkeur vir my en die onderneming en dit bly ’n voorreg om betrokke te wees by ’n inisiatief wat die kinders sowel as die opvoeders en assistente sal bevoordeel,” sê Neil Ellis.

Neil Ellis-wyne het ’n nuwe stoof en yskas vir die kombuis, nuwe plastiekstoele en tafeltjies vir die klaskamers, boublokke en speelgoed geskenk, terwyl Kersvader 132 ouderdom-spesifieke geskenke aan die kinders uitgedeel het.

Volgens Margot Ellis, handelsmerkbestuurder by die wynmaatskappy, kan heelwat steeds gedoen word om hierdie spesiale sentrum verder te ondersteun.

“Tans benodig hulle ook buiteverf, matte, gordyne en ’n grassnyer vir algemene instandhouding sowel as balle, houtblokkies en ander opvoedkundige speelgoed.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.