Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Damvlakke aansienlik hoër

Hoewel mense reg oor die land bibber van die koue danksy ’n koue front wat oor die land beweeg, sug die mense van die Wes-Kaap van verligting oor die reën wat in die provinsie geval het.

Volgens metings wat op verskillende punte in die dorp geneem is, het daar van Maandag 25 Junie tot Maandag 2 Julie, toe die reën ordentlik uitgesak het, tussen 50 mm en 100 mm geval.

Johannesdal in Pniël het na raming 36 mm reën op 27 Junie, 42 mm op 30 Junie, 28 mm op 1 Julie en 62 mm op 2 Julie gekry.

Daar het volgens sommige metings tot soveel as 200 mm reën in Jamestown geval.

Daar word egter geen reën vir die volgende paar dae voorspel nie. Daar is eers weer Dinsdag 10 Julie ’n moontlikheid dat ’n paar druppels, sowat 1,5 mm, kan val.

Die vlakke van die grootste damme in die Wes-Kaapse waterverskaffing­stelsel het volgens die mees onlangse metings tot 48,3% gestyg.

Damme was verlede week 42,7% vol en verlede jaar hierdie tyd slegs 25,1%.

Volgens die Stad Kaapstad is die Bergrivierdam 78,7% vol terwyl Wemmershoekdam 79% vol is.

Albei damme is sowat 10% voller as wat hulle die vorige week was en bykans meer as dubbel so vol as wat hulle hierdie tyd verlede jaar was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.