Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Deel van Huis Marais in 2020 tydelik Huis ten Bosch

Altesaam 74 vrouestudente van Huis ten Bosch gaan aanstaande jaar by Huis Marais-manskoshuis intrek.

Alle inwoners van Huis ten Bosch by die Universiteit Stellenbosch (US) moes in Augustus vanjaar uittrek ná ’n brand waarin agt kamers op die derde vloer van die koshuis verwoes is.

Ná die brand is 31 studente na ander universiteitsverblyf oorgeplaas, 112 is in private verblyf geplaas en 13 studente het verkies om hul eie private verblyf te vind.

Volgens Pieter Kloppers, hoof van die US se sentrum vir studentegemeen­skappe, gaan die 74 vroue vir 2020 by Huis Marais woon.

“Die studente van Huis ten Bosch word nie deel van die Huis Marais-gemeenskap nie. Die gedeelte van die gebou (waar die vroue gaan intrek) word vir 2020 as ’n tydelike Huis ten Bosch beskou. Die Huis Marais-gemeenskap bly ’n manskoshuis.”

Huis Marais gaan dus 74 minder manstudente hê. Volgens Kloppers word onderhandel om plekke in ander “omgewings” toeganklik vir Huis Marais te maak.

“Dit is so dat wanneer ’n onvoorsiene gebeurtenis plaasvind, daar ontwrigting is om die beste pad vorentoe te vind. In ’n poging om die Huis ten Bosch-gemeenskap ’n kans te gee om as gemeenskap in 2020 te kan voortbestaan, bring dit mee dat meerdere gemeenskappe ontwrig word. Daar is nie ’n oplossing wat nie meerdere gemeenskappe ontwrig nie.”VHuis Marais se primarius het alle navrae na die universiteitswoordvoerder verwys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.