Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Delheim vier 80 met versnit vir ‘Spatz’

Die Delheim-wynlandgoed het ter herdenking van sy 80ste bestaansjaar vandeesweek ’n eenmalige, eksklusiewe Kaapse versnit vrygestel, wat die lewe van wyle Spatz Sperling herdenk.

Die wyn, Iconoclast, kom van die 2012-oesjaar. Dit huldig die Suid-Afrikaanse wynpionier en sy vreeslose uitdaging van konvensionele wyshede.

Spatz se oom, Hans Hoheisen, en tannie, Del, het Delheim in 1939 gekoop.

Iconoclast is ’n versnit van vier kultivars, maar nie ’n tipiese Kaapse versnit, wat tradisioneel Suid-Afrikaanse pinotage as die hoof-kultivar gebruik, nie. Dit is shiraz-gedrewe, ’n klein aweregsheid wat Spatz sou laat glimlag – nie net omdat dit stroom-op is nie, maar ook omdat shiraz sy gunsteling was.

Die versnit word afgerond met pinotage, cabernet sauvignon en petit verdot.

Spatz is in Oktober 2017 in die ouderdom van 87 oorlede. Hy het konvensionele gebruike en oortuigings uitgedaag en het ’n baanbreker in die Suid-Afrikaanse wynbedryf geword, ten spyte van vele hindernisse.

Die wynbedryf se hoogste erkenning van sy uitmuntende bydrae was in 2009 toe die 350 Celebration Scroll in die jaar wat Suid-Afrika 350 jaar van wynmaak gevier het, aan hom oorhandig is.

Iconoclast is ’n weer­spieëling van Spatz. Afgelei van die Griekse woord eikon, wat “voorkoms” of “beeld” beteken, en klastes, wat “breker” of “storm” beteken, beskryf iconoclast individue – ongekunstelde individualiste en groot denkers.

Selfs die kenteken se inspirasie kom van Spatz, want hy is nooit sonder sy hoed en sy Jack Russell, Nelson, gesien nie.VLees meer oor Delheim se 80ste gedenkvieringe aanstaande week in Eikestadnuus en die volledige berig by www.wynsa.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.