Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die besluit berus by jou

Die onus lê by jou.

Só sê die munisipaliteit oor jou veiligheid tydens die Covid-19-pandemie.

En met reg, want elkeen van ons is vir ons eie veiligheid verantwoordelik.

’n Manier om die virus te beveg, is immers om jou hande te was en ’n veilige afstand te hou – iets wat iemand anders nie namens jou kan doen nie, behalwe as jy jonger as vyf is.

Maar wat van omstandighede buite jou beheer? Wanneer van jou verwag word om jou werk te doen omdat dit ’n belangrike funksie in die werksomgewing is en dienslewering beïnvloed?

Wat doen jy dan wanneer jy moet kies tussen jou en jou familie se gesondheid en jou werk? Maak nie saak watter een jy kies nie, dit kan tot jou ondergang lei.

Los jy jou werk, ly jou gesin honger en kan van hongerte sterf, en gaan werk jy, is daar ’n kans dat jy ’n dodelike virus kan opdoen en daaraan sterf. Dit blyk die munisipale werkers is in ’n penarie en hul werkgewer se antwoord is: Die onus lê by jou.

Al die moontlike word van bo af gedoen, deur mense wat van die huis af kan werk en nie met ander in kontak hoef te kom nie, sê die werkers.

Dit is soms makliker in teorie as in die praktyk.

Op papier lyk dinge altyd beter as in die werklikheid en dit is soms maar net gerieflik om te sê ons volg net protokol en pas voorgeskrewe riglyne toe soos aan ons voorgehou.

Maar wat as die bordjies verhang is en dit jy was wat die besluit moes neem wat jou lewe op soveel maniere kan raak?

In ag genome dat jy bang is en vrees vir jou lewe en dié van jou familie. Dat jy kollegas, vriende en familie weens die virus verloor het. Mense met wie jy ’n band en ’n verhouding gehad het.

Wat sou jy in dié geval doen? Die onus lê immers by jou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.