Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié klok kom later weer
Die klok wat voor die poskantoor in Pleinstraat gestaan het, sal binnekort terug op sy hoek wees. Foto: Michelle van der Spuy

Die klok wat voor die poskantoor in Pleinstraat gestaan het, sal weer teruggeplaas word sodra die ontwikkeling voltooi is.

’n Leser het Eikestadnuus gekontak oor die klok wat hy voel deel is van die dorp se geskiedenis en dus nie verwyder moes word nie, hoewel die poskantoor gesluit is.

“Volgens die ontwikkelaar is die horlosie afgehaal en na ’n spesialis vir restourasiewerk gestuur. Daarna sal dit in veilige bewaring gehou en teruggeplaas word sodra die ontwikkeling voltooi is,” sê Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder van die Stellenbosch-munisipaliteit.

Die Pleinstraat-tak van die poskantoor is aan die einde van Maart vanjaar gesluit ná besluit is om die gebou te herontwikkel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.