Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diere vir Afrika by Groot Plaasproe
Nickey Small van Mohair Suid-Afrika by Agri-Expo Livestock 2017 saam met die drie weke oue Angora-bok Lily van Grootfontein Landbou Kollege.

Die Groot Plaasproe van Agri-Expo is hierdie week van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober terug in Sandringham buite Stellenbosch.

Dié expo is in in Januarie vanjaar met die gesogte Roar-uitstalbedryfsprys as beste handel- en verbruikersuitstalling in Afrika vereer.

Volgens Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, lê die waarde van Livestock en die Groot Plaasproe daarin dat dit die afgelope vyf jaar uitgebou is tot een van die min geleenthede in Suid-Afrika waar die publiek die totale waardeketting van verskillende landboubedrywe op ’n toeganklike wyse kan ervaar.

Livestock is ’n veeldoelige landbouskou, ekspo en fees wat ’n tuiste bied vir meer as 20 verskillende projekte wat landbou in sy geheel bevorder.

“Ons doel is om die landbouer en die publiek nader aan mekaar te bring en die jeug blootstelling te gee aan beroepsgeleenthede binne die landbousektor,” sê Ehlers.

“Besoekers kan uitsien na meer as 150 uitstallings, 300 plaasdiere om te ontmoet en topdiere van verskeie rasse sien meeding in ’n skouring van wêreldklasgehalte met sowat 20 telersgenootskappe wat betrokke is.

Saterdag 13 Oktober word ’n opwindende vermaakprogram aangebied. Om op te som – dit is ’n heerlike, eerlike landbou-ervaring vir oud én jonk.”

Programhoogtepunte:

* Die grootste suiwelskou in Suid-Afrika met die drie grootste suiwelrasse – Jerseys, Ayrshires én Holsteins.

Die grootste vleisbees-interraskampioenskap in sy soort: Meer as 12 verskillende vleisbeesrasse.

Die 20ste nasionale kampioenskap van die SA Holstein-telersgenootskap.

Die grootste skoleprogram by ’n landbouskou in Suid-Afrika: Sowat 3 000 leerders woon ’n landbou-opvoedkundige program met meer as 10 interaktiewe stasies by.

Inligtingsdae: Klein- én kommersiële boere kan gratis raad van kundiges by die melkbokinligtingsdag (Donderdag 11 Oktober) en ’n vleisbeesinligtingsdag (Vrydag 12 Oktober) bekom.

Skoue: Insluitend die Kaapse Konynklub se kampioenskapskou, ’n boerboelskou en melbokkampioenskap.

Uitstallings: Die Agri-Expo-paviljoen bevat uitstallings oor die veebedryf, tegnologie en die waardeketting met ’n nuwe toevoeging oor loopbaangeleenthede.

Volop vermaak: Die program sluit ook die Landbouweekblad-uitdaging vir versorgers en hanteerders en ’n werksessie vir agriwerkers in.

Livestock en die Groot Plaasproe vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en by die hek beskikbaar teen R100 vir volwassenes, R50 vir pensioentrekkers (Donderdag en Vrydag), R30 vir leerders (gratis Donderdag en Vrydag) en gratis vir kinders onder ses jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.