Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dilemma by poskantoor: Briewe en pakkies soek steeds ’n tuiste

Daar is steeds geen duidelikheid oor waarheen Pleinstraat se poskantoor gaan skuif nie.

“Die vind van ’n nuwe perseel neem langer as wat ons gehoop het, maar ons probeer ons bes,” sê Martie Gilchrist, ’n woordvoerder van die Poskantoor in die Wes-Kaap.

“Ons is baie jammer oor die onge­rief, maar mense sal nou hul pos by Matieland moet kry. Vir diegene met ’n posbus gaan ons tydelik van die posbusse by die Drostdysentrum in Birdstraat gebruik maak.”

Volgens Stellenbosch-munisi­paliteit is sommige inwoners se munisipale rekeninge nog nie deur die poskantoor afgelewer nie en sal hy inwoners te gemoed kom deur rente eers te hef ná Donderdag 10 Mei.

Die Pleinstraat-tak van die pos­kan­toor is aan die einde van Maart vanjaar gesluit ná daar besluit is om die gebou te herontwikkel.

Die grootste probleem met die vind van ’n nuwe perseel is die geskikte een, wat aan al die poskantoor se behoeftes voldoen, is nog nie gevind is nie.

Die Pleinstraat-tak het 1 000 posbusse gehad waarvan 972 in gebruik was.

Gilchrist het voorheen aan Eikestadnuus gesê dit is moontlik dat twee aparte persele gevind sal moet word, een vir die poskantoor en een vir die depot waar die pos verwerk word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.