Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dink weer oor Jonkershoek

Hoeveel keer moet ’n mens nog oopmond en vol verontwaardiging – eintlik verbasing – staan oor die manier waarop groot organisasies hul eie kop volg sonder om inwoners en belastingbetalers te ken in sake wat die breër gemeenskap raak?

’n Mens sou dink dat die koms van demokrasie langer as 25 jaar gelede en die hele nuwe benadering tot die gemeenskapslewe nou al by groot instansies en senior bestuurders van hierdie instellings inslag sou vind, al was dit dan net deur die voorbeeld van voorgangers of deur ’n doelbewuste instudering van watter regte mense deur die implementering en uitvoering van demokrasie verwerf het.

Die jongste voorval hier te lande is die optrede van MTO en Cape Nature met die eensydige sluiting van die Jonkershoek-natuurreservat vir voertuie – ’n stap wat omvangryke gevolge vir die dorp en sy toerisme-ekonomie kan inhou.

’n Mens kan maar net weer vra hoekom is geen van die gebruikers, hetsy individue of georganiseerde organisasies, oor die voor- en nadele van so ’n stap en watter implikasies dit vir die plaaslike gemeenskap en ekonomie sal inhou, geken nie? ’n Groot gewag word gemaak van die belangrikheid van toerisme vir die land, die Wes-Kaap (by monde van die premier) en natuurlik ook vir Stellenbosch.

Jonkershoek is ’n wêreldbekende bestemming vir stappers, bergfietsryers, rotsklimmers en natuurliefhebbers in die algemeen. Dit is ’n aantreklikheid wat derduisende gebruikers jaarliks na Stellenbosch lok – ’n bestemming wat ook wyer voordeel uit hierdie besoeke geniet.

Die instandhouding van die reservaat, die versekering van die veiligheid van sy gebruikers en die uitbou van die geriewe is ’n bestuursfunksie wat doeltreffend uitgevoer moet word. Dit moenie ’n rede wees waarom eensydige besluite tot nadeel van die dorp geneem word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.