Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Dis jou keuse’ of jy veiling steun
Studente van die Marié Stander-kunsklas doen die laaste afrondingswerk aan hul skilderye. Van links is Lizzie du Plessis, Elbie Lans, Luzelle Botha en Hester Strumpher.

“The choice is yours . . .” is die tema van die reeds bekende Marié Stander-kunsskool se 2020-veiling.

Hierdie veiling vind Woensdag 18 Maart by Muratie-wynplaas buite Stellenbosch plaas.

Die bekende liefdadigheidsveiling, wat sedert 2001 reeds ’n jaarlikse instelling in die dorp geword het, het hoofsaaklik ten doel om die gemeenskap van Stellenbosch se skoolkinders te help met die koop van skoolklere, sporttoerusting, skryfbehoeftes, musiekinstrumente en dies meer.

Die opbrengs van die veiling dra voorts daartoe by dat skooltoere en opvoedkundige uitstappies gefasiliteer kan word. Kinders word ook geborg om hul kunstalente by onder meer die PJ Olivier-kunssentrum te ontwikkel.

Minstens 23 plaaslike instansies vind jaarliks by dié veiling baat.

Die opelug-veiling, wat ook versnaperings, wyn en musiek insluit, is reeds ’n hoogtepunt op Stellenbosch se kunskalender en gee inwoners sowel as sakeondernemings die geleentheid om op verantwoordbare wyse tot gemeenskapsontwikkeling by te dra.

Die kunswerke is altyd van hoogstaande gehalte en ’n wye verskeidenheid word aangebied.

Skilderye kan reeds van 17:30 af besigtig word en die veiling vind om 19:00 plaas.

Kaartjies is teen R200 per persoon beskikbaar en kan by The Birdcage-restaurant (kontant) of Marie Stander-kunsstudente gekoop word.

“Ons moedig die gemeenskap graag aan om deel te wees van hierdie jaarlikse poging,” vertel Stander.

“The choice is yours . . .”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.