Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dit gaan net oor die gemeenskap

Die plaaslike menseregteaktivis Eon Hendricks is onlangs by die Universiteit Stellenbosch (US) se tweede jaarlikse maatskaplikegeregtigheidsberaad (Social Justice Summit), as die kampioen vir maatskaplike geregtigheid van die jaar aangewys.

Die beraad is op 4 November gehou en is deur prof. Thuli Mandonsela, sameroeper van die beraad, as ’n belangrike reis om maatskaplike geregtigheid te verwesenlik, bestempel. Die beraad is weens die Covid-19-pandemie virtueel gehou.

“Ek is vol vertroue dat ons tydens ons beraad meer as net ’n paar stappe op hierdie belangrike reis geneem het om maatskaplike geregtigheid te verwesenlik. ’n Belangrike uitkoms van die geleentheid was die aanstelling van ’n raad vir kampioene vir maatskaplike geregtigheid. Hierdie raad sal uiteindelik toesig hou oor die bestuur en die implementering van alle aspekte van die M-plan vir maatskaplike geregtigheid en die skarefinansieringselemente in die M-fonds,” het sy bygevoeg.

Hendricks is vereer vir sy werk as leier en stigter van die Clay Foundation en die Idasvallei-gemeenskapstaproetes (’n groen roete) en maatskaplike werk wat die organisasies in Stellenbosch doen. “Hierdie prys is nie myne nie – ek is wel die ontvanger, maar dit sou nie moontlik gewees het sonder die lede van die Clay Foundation en Idasvallei-gemeenskapstaproetes nie. Hulle is die eintlike jongmense wat al die krediet moet kry,” sê Hendricks.

“Ek wil hê ons mense moet begin besef hier is talle geleenthede vir ons kinders en om ons gemeenskap en dorp ’n beter plek te maak, maar ons sal moet saamwerk en sulke organisasies soos Clay Foundation en Idasvallei-gemeenskapstaproetes moet ondersteun sodat ons ons kinders ’n beter toekoms kan gee.”

Hendricks deel die prys met Kabelo Mahlobogwane (nasionale woordvoerder van die onderwysersunie van Suid-Afrika, en medestigter en besturende direkteur by The Marking App).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.