Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dít is hoe die splinternuwe parkeerstelsel nou werk

Van bl. 1

Stuart Grobbelaar, Stellenbosch-munisipaliteit se kommunikasie-bestuurder, het die volgende gesê oor die klagtes. “Soos met enige nuwe stelsel, sal daar altyd kwessies wees wat uitgestryk moet word voordat alles glad verloop en ons vra verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word in hierdie oorgangsfase. Ons verwelkom al die navrae wat reeds ontvang is van inwoners en skenk tesame met SPS dringend aandag aan die kwessies wat by ons aangemeld word. Ons is ook opgewonde oor die talle komplimente en positiewe terugvoering wat sover ontvang is.”

Grobbelaar sê die opeenhopings wat by parkeerterreine veroorsaak word, geniet die munisipaliteit se dringende aandag. “Ons het versoek dat meer beamptes intussen oorgeplaas word om hierdie punte te bedien. Geoutoma­tiseerde stelsels gaan binnekort geïnstal­leer word by die parkeerterreine wat verkeersvloei drasties sal verbeter. Weens tegniese probleme kon die reëlings nie betyds reg wees 1 April nie.”

Motoriste is bekommerd dat hul bankkaarte gekloon kan word. Volgens Grobbelaar moedig hulle inwoners aan om dit dadelik by die munisipaliteit aan te meld en ’n saak by die SAPD te open indien só iets gebeur. “Die debiet- of kredietkaartbetaling volg presies dieselfde proses as by enige winkel. Snapscan en die Myciti-kaart is juis ingebring om die betalingsproses te vergemaklik en om alternatiewe betalingsmetodes te bied aan mense wat nie hul bankkaarte wil gebruik nie.”

Die voorafbetaalde kaarte het verlede week opgeraak. Daar is nuwe kaarte bestel en afgelewer, sê Grobbelaar.

Volgens Zunade Loghdey, eienaar van SPS, was dit ’n voorvereiste van die munisipaliteit en die tender dat die misdaadrekords van al die parkeer-wagte nagegaan word. “Die meerderheid parkeerwagte is deur die aanbeveling van Shofar-kerk in Stellenbosch aange­stel en is almal van die omgewing.

Grobbelaar sê parkeertariewe het nie gestyg nie. “Dis presies dieselfde tariewe as met die vorige stelsel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.