Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Du Toit se prokureur kry loesing in hof

’n Advokaat het al die pad van Kaapstad tot in die Paarl gery om die moordbeskuldigde, Johan du Toit, se prokureur in die hof uit te trap.

Die uitsonderlike toneel het homself Vrydag 10 Maart in die Paarl-landdroshof gedurende Du Toit se aansoek om ontslag afgespeel.

Du Toit word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Chanel, in Julie 2010 in hul kothuis op die Dieu Donne-landgoed buite Franschhoek dood gewurg het.

Du Toit moes egter eers vir sowat vyftien minute vanuit die beskuldige bank toekyk hoe sy prokureur, William Booth, deur die advokaat, Kennith Rossouw, oor die vingers getik word.

Landdros Joe Magele het vroeër Rossouw se aansoek om die hof toe te spreek, toegestaan.

Rossouw het uitgevaar teen Booth wat gereël het om by twee hofsake – die een in die Paarl en die ander in die Kaapstad streekshof – op dieselfde tyd te verskyn.

“Meneer Booth se gedrag is disrespekvol teenoor die hof en die ooggetuies wat vir hom sal moet wag in Kaapstad,” het Rossouw gesê.

Hy het deurgaans na Chanel se familie in die hofbanke sy oog geknip.

Booth het op sy beurt gesê dat hy nie verstaan hoekom Rossouw hoegenaamd in die hofsaal teenwoordig is nie.

Volgens hom moet Rossouw die regte kanale vir klagte volg.

“Ek kry die indruk dat hy ’n persoonlike vendetta teen my het. Dis niks meer en niks minder as dit nie,” het Booth aan die hof gesê.

Rossouw het toe gevra dat Magele ná afloop van sy uitspraak, ’n beslissing oor Booth se oortreding met betrekking tot sakevloei maak.

Die landdros het dit van die hand gewys.

Magele het Du Toit se aansoek om ontslag geweier en gemeld dat hy op ’n latere stadium redes vir sy beslissing sou gee.

Die saak is voorlopig tot 21 April uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.