Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dubbele 50 jaar gevier

’n Broer en suster van Jamestown vier Saterdag (20 Junie) hul 50ste huweliksherdenkings nadat hulle in 1970 op dieselfde dag trou aan hul eggenote beloof het.

Jeffrey Williams (76) het eendag vir sy ma gesê hy gaan in Junie trou toe sy suster, Claire Katts (75), die vertrek inloop en vir haar ma sê sy gaan ook trou. “Toe sê my ma ons moet sommer op dieselfde dag trou, dan is alles klaar,” vertel Claire.

Volgens Claire het Junie reeds sentimentele waarde vir die familie gehad omdat hul oudste broer en suster ook in dié maand getroud is.

Die swaer en skoonsuster George Katts (80) en Audrey Williams (75) is ook toevallig albei van Kahlerstraat in Idasvallei.

Jeffrey is in die Metodistekerk en Claire in die Volkskerk getroud. Die seremonies was omtrent ’n uur uitmekaar om die families die geleentheid te gee om albei by te woon, en ná die seremonies is een groot onthaal vir al die families gehou. “Dit was ’n mooi, lieflike sonskyndag. Dit was baie plesierig. Al die familielede was daar,” vertel Jeffrey oor hul troudag.

Jeffrey en Claire sê al twee hulle is steeds baie gelukkig in hul onderskeie huwelike. “Getroudes moet lief wees vir mekaar en mekaar respekteer,” sê Jeffrey oor die pad na ’n goeie huwelik.

“Ons huwelik kan nie beter wees nie. Ons het geen probleme nie. Ons het ’n baie goeie verstandhouding met mekaar,” vertel Claire.

Die vier sou ’n groot viering van hul 50ste huweliksherdenking hou, maar het dit uitgestel totdat die nasionale inperking en Covid-19-pandemie verby is. “Dan sal ons dalk ’n bietjie weggaan vir ’n naweek en ’n tweede wittebrood hou,” skerts Jeffrey.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.