Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
e’Boschfees wys diep talente

Verlede Saterdag se e’Bosch Fees van Talente in Jan Marais-park het onteenseglik bewys dat verhoogkunstenaars in die dorp groot diepte van talent het en dat geleenthede so dié noodsaaklik is om dit tot uiting te bring.

“Ek het Saterdag net weer besef dat hier geen tekort aan talent in Stellenbosch is nie,” sê Sonya Olivier van Ranyaka Community Transformation.

“Elke verhoogkunstenaar se vertoning was puik en die seremoniemeesters se energie, skerp humorsin en gemaklike interaksie met feesgangers het tot ’n heerlike atmosfeer bygedra. Voeg daarby die kunstige handwerk en smullekker eetgoed uit die dorpe en ’n mens het omtrent ’n wenresep! “Hierdie fees behoort jaarliks in elke Stellenbosch-inwoner se dagboek te wees.”

Besoekers is heeldag getrakteer op ’n stampvol verhoogprogram met solo-kunstenaars soos Marthie Hauptfleisch, Mynhardt Krüger, Piet Potgieter, Matilda Kroeskop, Robin Wyngaardt, Toby de Ruiter, Brent de Wet, Justin Jafters, Magic Man en die broers Dillan en Byron McEath.

Verder is die gehoor vermaak met optredes deur gewilde plaaslike groepe soos Amazinc Live, Mustard Seed, die Stellenbosch B Boys, die ATKV-Rieldansers, Awaken, YCD Dance, Soul Dream, Lindilani Youth Band, Meraki en Red Sheep.

Die seremoniemeesters vir die dag was Wiseman Ndamase, Josh the Entertainer en Laetitia Manual-Solomons.

Buskers soos Acrobat Africa, Dr. Musk, Painter en Mamy het bykomende vermaak verskaf.

’n Groot verskeidenheid plaaslike voedseldisse en huisvlytkuns was ook by die fees te koop terwyl springkastele, gesigverwers en die Stellenbosch-Voortrekkers se stokbroodbraai groot aftrek onder die kinders gekry het.

e’Bosch-projekte soos die Eersterivier-pelgrimstog, Zumba-marathon en ’n landkuns-saamtrek is ook op die terrein aangebied.

Ander e’Bosch-projekte wat hierdie maand aangebied word, is die Distell-diversiteits- en sosiale kohesie-werksessie wat gister (Woensdag 3 Oktober) aangebied is en die Moore Stephens-nagwedloop Dinsdag 17 Oktober.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.