Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eerste Anton Lubowski-gedenklesing aangebied
anton
Anton Lubowski
Die politieke kommentator Max du Preez en regter Albie Sachs is die hoofsprekers by die eerste Anton Lubowski-gedenklesing wat op die 30ste herdenking van sy dood by die Universiteit Stellenbosch (US) se fakulteit regsgeleerdheid gehou sal word.
Die gedenklesing is die eerste by die Universiteit ter viering van die lewe van die vermoorde anti-apartheid aktivis en advokaat Anton Theodor Eberhard August Lubowski (3 Februarie 1952 – 12 September 1989).
Die geleentheid vind op Donderdag, 12 September om 17:30 in die Ou Hoofgebou, Ryneveldstraat, plaas. Ligte verversings sal bedien word.
Die lesing is deur Charl Adams, ’n universiteitsvriend en koshuiskamermaat van Anton Lubowski, geïnisieer en word deur die fakulteit regsgeleerdheid in samewerking met die afdeling ontwikkeling en alumni-betrekkinge, Simonsberg-koshuis en die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling aangebied.
“Dit was nog altyd ’n droom van my om die nalatenskap van Anton te eer. Ek voel dat hy polities-gesproke onbillik behandel is en nooit behoorlik erkenning ontvang het nie – in Suid-Afrika sowel as in Namibië,” sê hy.
“Anton was in die sewentigerjare ’n student in Stellenbosch en ’n inwoner van Simonsberg-koshuis. Om dus hierdie geleentheid in samewerking met die universiteit te hou, maak net vir my sin en is ’n droom wat waar geword het.”
Adams is ’n afgetrede redakteur van die Small Business Labour Bulletin, skrywer van die boek Affirmative Action in a Democratic South Africa (Juta, 1993) en senior beampte van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid.
* Die geleentheid vind op Donderdag, 12 September om 17:30 in die Ou Hoofgebou, Ryneveldstraat, plaas. Ligte verversings sal bedien word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.