Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eskom het dalk meer probleme as beurtkrag

Dit blyk dat beurtkrag en die opwekkingsvermoë van Eskom se kragstasies nie die enigste probleem is wat Eskom het nie.

Trouens, dit is nie, en as hulle nie gouspeel nie, kan dit nie net nagevolge vir Eskom inhou nie, maar iemand kan sy lewe in die proses verloor.

’n Plaaslike gesin sukkel nou al maande lank dat Eskom ’n lamppaal, wat feitlik aan ’n draad voor hul huis hang, herstel of wegneem.

As dit nie genoeg is dat dit nou die huisbewoners se probleem geword het nie, bly iemand met ’n gestremdheid elke dag alleen in die huis.

Wanneer gaan Eskom ag slaan op die probleem – wanneer dit eers te laat is en die huis al aan die brand geslaan het?

Of gaan hulle eers hulp aanbied as die man in die rolstoel, hemele behoed, of enigiemand anders in die huis eers weens Eskom se nalatigheid sterf?

Dit is egter nie net die een gesin wat benadeel word nie – die kettingreaksie wat só ’n ongeluk kan veroorsaak, kan enorme implikasies inhou – nie net vir Eskom nie, maar ook vir die plaaslike munisipaliteit.

Indien ’n brand uitbreek, kan naburige huise ook in die slag bly. Hoeveel mense se lewe moet eers bedreig en dalk verloor word voordat Eskom iets aan die saak doen?

Wat is die lewe van sy verbruikers vir hom werd? Of is hul geld alleen goed genoeg?

Sou dit die geval gewees het as die lamppaal in ’n meer gegoede buurt omgeval het, of sou Eskom die fout dadelik kom regstel het?

Die vraag bly steeds – hoe lank moet die gesin in vrees lewe voordat Eskom die probleem gaan regstel?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.