Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Etiek nou onder loep

Die stryd tussen Gelyke Kanse en die Universiteit Stellenbosch oor die US se taalbeleid het nou ’n heel nuwe wending geneem.

Hierdie keer word die etiek van die optrede van die twee hoofrolspelers in die stryd in die kollig geplaas.

Kortliks kom dit daarop neer dat die US se rektor na bewering onbehoorlike gesprekke met regter Edwin Cameron gehad het by die voorbereiding van die uitspraak in die geding tussen die US en Gelyke Kanse.

Cameron was een van 11 regters in die volbank van die Konstitusionele Hof wat die uitspraak voorberei het. Die proses vereis dat nadat die saak aangehoor is, getuienis gelei en ’n gesamentlike besluit deur al die regters op die paneel bereik is, een van die regters die uitspraak voorberei en dit opskryf. Daarna kry die ander weer die geleentheid om kommentaar te lewer of byvoegings te maak voordat die uitspraak voorgelees en dus wet word.

Cameron kon dus nie op eie houtjie die saak verander of die uitspraak beïnvloed het nie.

Dit gaan egter nou oor die etiese optrede van albei partye in hierdie saak – Cameron én De Villiers.

Cameron is ’n hoogs gerespekteerde regter wat pas afgetree het en sy loopbaan is deurspek met kundigheid, weldeurdagte uitsprake in belangrike hofsake, regverdigheid en ’n onkreukbare openbare beeld. Tot nou . . .

De Villiers het sedert sy aanstelling as rektor en visie-kanselier telkemale onder wye kritiek oor sy hantering van sensitiewe aangeleenthede by die US deurgeloop, onder meer die hele taalkwessie en die behoud van Afrikaans as onderrigtaal.

In sommige kringe word nou gegis dat die enigste etiese optrede vir al twee om hierdie saak in die reine te stel, is om te bedank en weg te stap van hierdie ongemaklike situasie.

Net die tyd sal leer watter letsels hierdie saak op hul loopbane gelaat het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.