Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees sal aanhou beweeg en raas

Die Toyota US Woordfees se tema vir 2020 is pas bekend gemaak saam met die bekendstelling van ’n nuwe kenteken.

Toyota is ’n sentrale deel van die nuwe kenteken omdat dié motorvervaardigingsreus vir die volgende drie jaar ’n medenaamborg van dié fees is wat jaarliks in Maart in en om Stellenbosch aangebied word.

Volgende jaar se tema, “Aanhou beweeg en geraas maak”, is volgens die feesdirekteur, Saartjie Botha, ’n herbevestiging van die Woordfees se sentrale verbintenis tot die letterkunde. Dié bekende reël kom uit Jan Rabie se kortverhaal “Ek het jou gemaak” in sy grensverskuiwende bundel 21, wat in 1957 gepubliseer is. Die tema is daarmee ook ’n indirekte verwysing na die 21ste verjaardag van die fees in 2020.”

Volgens Botha erken die tema die welkome finansiële inspuiting van Toyota en weerspieël dit ’n wêreld van beweging en verandering. “Kunstefeeste is broeiplekke vir energie en toetsgronde vir radikale idees. Die een ding wat ’n fees nie kan bekostig om te doen nie, is om te stagneer. Dit sal ’n snelle, stille dood sterf.”

In daardie gees word verskeie interessante nuwighede in 2020 aangebied.

Die Woordfees het volgende jaar die eerste keer ’n volwaardige danskategorie op die program asook ’n spesiale afdeling vir landbou. “Die nuwe dansafdeling het sin,” sê Botha, “omdat in die afgelope paar jaar so ’n groot toename in die aantal dansgeselskappe in die Kaapse metropool was en omdat veral jonger feesgangers in verskillende dansstyle belangstelling toon.”

Volgens Botha was landbouverwante aanbiedings by die fees nog altyd baie gewild. Die landbouprogram sal uit ’n verskeidenheid demonstrasies, kursusse, diskoersgesprekke en leefstylverwante aanbiedings bestaan. VDie Toyota US Woordfees vind van 6 tot 15 Maart 2020 plaas. Die programbekendstelling is in November en kaartjieverkope open 18 November 2019.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.