Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Felicity-saak na hooggeregshof

Die saak van die 34-jarige verdagte wat teregstaan in verband met die moord op Felicity Cilliers is verlede week na die Wes-Kaapse hooggeregshof oorgeplaas.

Die oorledene, wat van Vlottenburg kom, was 30 Mei 2007, die aand van haar moord, by ’n partytjie. Op pad terug, by Longlands-plaas, het die verdagte haar agtervolg en oorrompel.

Hy het haar glo verwurg, verkrag en vir dood gelos. Haar liggaam is eers vyf dae later in die wingerde gekry.

Die saak is tot 9 November uitgestel wanneer ’n voorverhoor sal plaasvind. Die verhoor is vir 4 tot 28 Februarie volgende jaar geskeduleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.