Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fiësta-wenners kom kuier by Woordfees

Die 10de kykNET-Fiësta-prysuitdeling is Sondagaand 9 Februarie in die Kunstekaap gevier. Verskeie van die kunstenaars en produksies wat trofeë huis toe geneem het, sal vanjaar in Stellenbosch vir die Toyota US Woordfees wees.

Die kykNET-Fiëstas vereer jaarliks werk wat by kunste-feeste dwarsoor die land te sien was.

Hier is van die kunstenaars en aanbiedings wat oor ’n bietjie minder as ’n maand in Stellenbosch sal wees:

Sandra Prinsloo het die Fiësta vir beste spel in ’n solo-vertoning gewen vir Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell.

Jakkals & Wolf Onbeperk het twee pryse gewen: beste vroulike byspeler (Devonecia Swartz) en beste duo of ensemble.

Cantona James was die wenner in die afdeling vir beste opkomende kunstenaar vir sy spel in Herschelle Benjamin se In Slavenhuis 39, wat vanjaar vir ’n tweede speelvak by die fees is.

Eet Kreef! is aangewys as beste musiekgedrewe produksie. Podium en dié aanbieding is reeds van die topverkopers op die program.

Brendon Daniels het die Fiësta vir beste akteur vir sy spel in Queenie-hulle ontvang, en Antoinette Kellermann is as beste aktrise vereer vir haar vertolking in Koningin Lear. Daniels is by die fees met Dis 20h15 en Kellermann sal te sien wees in André Gerber se drama Die sonkamer.

Wolf Britz, wat die Fiësta vir beste teaterontwerp met Statements After an Arrest Under the Immorality Act gewen het, is by vanjaar se Toyota US Woordfees kurator van Plant, wat die raakpunte tussen kuns en landbou in ’n kombinasie van vertoon- en installasiekuns verken.

José Dias is vir Hulde aan Nellie du Toit bekroon met die Fiësta vir beste prestasie in klassieke musiek. Vanjaar bied hy Die Mamre Traviata by die fees aan.

Van die vier legendariese wenners wat Fiëstas vir hul lewensbydrae tot teater ontvang het – Elize Cawood, Virginia Davids, Janice Honeyman en Pieter-Dirk Uys – kom twee fees toe. Janice Honeyman is die regisseur van Valsrivier, ’n verwerking van Dominique Botha se veelbekroonde roman vir die verhoog deur Saartjie Botha. Pieter-Dirk Uys is met vier eenmanvertonings by die fees: Die drie Poggenpoels, Evita: Fake of pop, Never Too Naked en Ouma Ossewania praat vuil.

Die 21ste US Woordfees vind van 6 tot 15 Maart in Stellenbosch plaas. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.