Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gaan gordyne by alle teaters oop?

Ná maande van nasionale inperking en die duister waarin die kunste en kunstenaars gelaat is, moes die gordyne vir teaterliefhebbers toegetrek word.

Noudat vlak 1-regulasies die deure van talle teaters laat oopmaak, kan die heropening daarvan gevier word. Maar is dit die geval vir almal of word party nog agter die gordyn gehou?

Die nuwe regulasies verplig teaters om slegs 50% van die kapasiteit van ’n lokaal te gebruik. Talle teaters het hul eie strategieë en veiligheidsmaatreëls daargestel om die gesondheid van terugkerende konsertgangers te verseker.

“Ek is kinderlik opgewonde. Ons het baie hard regdeur die grendeltyd gewerk om aanlyn vertonings op te neem en uit te saai en toe om deurgaans planne te beraam vir wanneer ons weer ons deure kan oopmaak vir die publiek,” vertel Ané van den Berg, die kunsbestuurder van die Drostdy-teater.

“Ons streng toepassing van veiligheids- en gesondheidsmaatreëls sal gehore gemoedsrus gee wanneer hulle regstreeks vertonings by Drostdy-teater bywoon,” sê Van den Berg.

Drostdy-teater beplan om elke Vrydag van 9 Oktober in sy splinternuwe Upstage-lokaal “Upstage Sessions” te hou waar gehore saam met vriende en familie tafels kan bespreek.

Heropening van die Endler-saal, wat deel vorm van die Universiteit Stellenbosch se musiekkonservatorium, word nog weerhou weens ’n inherente risiko in die heropening van geboue op die kampus wat tot negatiewe gevolge kan lei vir infeksievlakke, het Fiona Grayer, kunsbestuurder van die Endler-konsertreeks, gesê.

“Ons het gratis etenstydkonserte wat normaalweg nie meer as 100 mense lok nie. Dit is deel van ons studente se akademiese program wat hulle doen om meer optrede-oefening te kry, so alle kunstenaars is studente,” voeg Grayer by.

Sy sê die moontlikheid van regstreekse uitvoerings sal eers in 2021 terugkeer en gratis aanlyn konserte moet vir eers vir die res van die jaar voortgaan.

Van den Berg sê “aan die begin van die grendeltydperk het aanlyn vertonings soos papierdorings versprei en dit wys weer eens dat mense nie sonder die kunste kan lewe nie.”

Dit is egter opvallend hoe die kunste nog steeds sy merk op mense laat ten spyte van die struikelblokke wat die Covid-19-pandemie na hul kant toe gooi. Die behoefte aan afleiding van die werklikheid is gesien deurdat mense aanhou hunker na die kunste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.