Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Gaste’ toe wolf in skaapsklere

Gastehuise in die dorp moet op hul hoede wees nadat ander verblyfplek­ke en ’n luukse woonstelkompleks onlangs op dieselfde wyse deur rowers geteiken is.

Volgens kapt. Natalie Martin, woordvoerder by Stellenbosch-polisie, het die vermeende rowers, wat hulself as gaste voorgedoen het, Saterdag 28 Julie by De Haas Luxury Living aangekom waar hulle van drie kamers gebruik gemaak het.

’n Skoonmaker het die bestuurder van dié woonstelkompleks die volgende dag omstreeks 12:45 ingelig dat die kamers se TV-stelle almal gesteel is. By nadere ondersoek is gevind dat altesaam vyf TV-stelle, komberse, handdoeke en glase ook gesteel is.

Opnames van die kringtelevisie toon ook mense wat by die kamers in en uit beweeg om goedere, wat vermoedelik uit die kamers geneem is, na ’n silwer Toyota Corolla te dra.

Die Oude Hoek-gastehuis, wat om die draai van Den Haas Luxury Living geleë is, is kort daarna ook deur rowers geteiken.

Volgens Martin het twee gaste Maandag 30 Julie om 08:45 by Oude Hoek aangekom. Toe een van die personeellede van die gastehuis later aan die gaste se deur geklop het, het niemand oopgemaak nie.

’n Spaarsleutel is gebruik om die deur oop toe sluit en daar is gevind die kamer se televisie, broodrooster, koffiemasjien en elektriese kombers is gesteel. Die gaste het ook nie vir hul verblyf betaal nie.

Al twee die besprekings is onder die naam van John Collins gemaak. Die saak word tans deur Stellenbosch-polisie se speurders ondersoek. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word aangemoedig om 021 809 9142/5 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.