Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Gee Jamestown elektrisiteit’
krag
Dr. Leon Schreiber, kiesafdelingshoof in Stellenbosch.

Daar is moontlik binnekort lig aan die einde van die tonnel vir die mense van Jamestown.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in Stellenbosch is vasbeslote om toe te sien dat Jamestown se jare lange probleme met elektrisiteitstoevoer binnekort iets van die verlede sal wees.

Die mense van Jamestown ly reeds jare lank onder Eskom se swak bestuur van die woonbuurt se elektrisiteitsnetwerk.

Hoewel die raadslid vir Jamestown, Rikus Badenhorst, reeds ligdiodestraatligte in die woonbuurt laat installeer het, veroorsaak Eskom se wanbestuur dat die ligte steeds nie werk nie, selfs as beurtkrag nié van toepassing is nie.

En hoewel die nuwe Mountainview-ontwikkeling in Jamestown bekroon is as die tweede beste geïntegreerde behuisingsontwikkeling in Suid-Afrika, werk nie een van Mountainview se straatligte nie.

Mense wat jare lank vir behuising gewag het, het nou uiteindelik huise ontvang en ’n mooi woonbuurt vir hulself geskep, maar elke aand wanneer die son sak, word Mountainview se strate in duisternis gehul. Misdadigers neem in die donkerte beheer van die woonbuurt se strate.

Die kiesafdelingshoof in Stellenbosch, dr. Leon Schreiber (LP), het onlangs ’n petisie met honderde handtekeninge by die parlement ingedien. Die party en die mense van Jamestown doen deur middel van die petisie ’n beroep op Eskom om beheer van die elektrisiteitsnetwerk in Jamestown aan die Stellenbosch-munisipaliteit oor te dra.

Die petisie gaan nou deur die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings bespreek word, wat dan sal besluit of die petisie se voorstel aanvaar sal word of nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.