Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gee ons dienste, eis mense van Azanië

Inwoners van Azanië, die grond­gebied langs Khayamandi wat verlede jaar onwettig beset is en tans die onderwerp van verkoopsonder­handelings is, het Maandag ’n griefskrif met sewe eise aan die Stellenbosch-munisipaliteit oorhandig.

Dit het gevolg op ’n vreedsame optog deur die strate van Stellenbosch tot by die stadsaal en munisipale hoofkantoor.

Midas Wanana, leier van dié groep inwoners, het op die trappies van die stadsaal gesê hulle eis dat die munisipaliteit binne sewe dae op hul eise moet reageer.Die groep inwoners eis water, sanitasie, vullisverwydering, elektrisiteit, paaie en veiligheid vir die mense wat nou meer as 1 200 onwettige strukture op ’n deel van die plaas, Watergang, bewoon.

By navraag het die Stellenbosch-munisipaliteit dit bevestig.

“Die munisipale bestuurder het die memorandum ontvang en is besig om dit te bestudeer. Daar sal binne die vereiste tydperk gereageer word op die kwessies uitgelig in die memorandum,” het Stuart Grobbelaar in ’n kort verklaring gereageer.

Hy het verder genoem dat geen verdere inligting verskaf sal word alvorens daar verder met die inwoners gepraat word nie. Hieroor is ook geen besonderhede verskaf nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.