SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Gegroet – nog ’n oudburgemeester

Stellenbosch het vanjaar twee oudburgemeesters aan die dood afgestaan – albei mense wat die amp met waardigheid, hoflikheid en veral medemenslikheid beklee het.

Eers was dit “oom” Willie Ortell en nou “oom” Willie Meyer (86), wat 10 November oorlede is.

William James Meyer is in 1933 in Robertson as een van agt kinders gebore. As tiener het hy saam met sy gesin Kaapstad toe getrek waar hy in 1959 met Francis Cupido getroud is. Uit hierdie huwelik is Wilfred, Marcia en Godfrey gebore.

Stellenbosch het mettertyd die tuiste van die Meyers geword – eers in Idasvallei en daarna was hulle een van die eerste gesinne wat hulle in Cloetesville tuisgemaak het. Hy en Francis was 60 jaar getroud.

Meyer was vroeg reeds geïnteresseerd in en nou betrokke by die nasionale politiek en die vakbondwese. Ná 1994 het hy hom tot plaaslike politiek gewend en ’n DA-raadslid in die Stellenbosch-munisipaliteit geword. Hy het ook tussen 2001 en 2002 as uitvoerende burgemeester gedien.

Volgens sy seun Wilfred het sy pa se beginsel dat as jy sterk standpunt inneem, mense jou sal respekteer vir jou eerlikheid, al stem hulle nie met jou saam nie, sy lewe gekenmerk het – of dit nou politiek of die kerk was.

Sy groot liefde was die kerk en sy betrokkenheid by die St. Mary-gemeente op die Braak was vir hom baie belangrik. Die bank waar die Meyers gesit het, sal ander gemeentelede altyd aan sy besondere betrokkenheid by hierdie gemeente sal herinner.

Hy het ook ’n groot rol gespeel in die stigting van die All Saints-kerk in Cloetesville en as lekepredikert en kategis was hy ook verantwoordelik vir die Vlottenburg-distriksgemeente.

Meyer is saam met ander gemeentelede van St. Mary-kerk ook vereer met die Biskopstoekenning, wat deur biskop Merwyn, destydse biskop van Kalkbaai, bekend gestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.