Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geluk aan tehuis met dié mylpaal
Geluksoord
Stafverpleegster Connie Lindoor (links) en die bestuurder, Iréne van Wyk, sny die verjaardagkoek.

Geluksoord-tehuis vir verswakte bejaardes in Onder-Papegaaiberg het op 1 Oktober sy 40 ste bestaansjaar gevier.

Geluksoord is ’n tuiste vir 80 bejaardes wat in ’n mindere of meerdere mate versorging nodig het en nie meer onafhanklik kan funksioneer nie.

Beplanning van ’n versorgingsoord vir verswakte bejaardes in Stellenbosch het in 1968 begin toe ’n komitee vir hierdie doel verkies is. In 1973 is ’n perseel in Onder-Papegaaiberg hiervoor bekom en in 1980 is die tehuis geopen en die eerste inwoners het ingetrek.

Die eerste 10 jaar van die tehuis se bestaan is dit as deel van Utopia-tehuis bestuur, maar Geluksoord het van 1997 sy eie direksie en bestuur gekry.

Deur die jare is die tehuis uitgebrei om meer inwoners te kan huisves. Daar is woonstelle vir mense wat hulself nog tot ’n mate kan versorg, enkel- en dubbelkamers vir persone wat nie hoë sorg benodig nie en kamers met vier beddens vir diegene wat intensiewe versorging moet kry. Die spesiale afdeling vir persone met demensie en Alzheimer se siekte word tans vergroot.

Iréne van Wyk, die bestuurder, vertel van verskeie interessante inwoners wat haar pad die afgelope 21 jaar by die tehuis gekruis het. “Geluksoord is vir party inwoners net ’n herstelhawe na ’n ernstige siekbed, maar vir ander is dit ’n tuiste vir baie jare waar hulle met die nodige 24-uur-versorging, ’n sinvolle lewe kan lei.”

Die Covid-19-pandemie het Geluksoord en die daaglikse roetine ook ernstig beïnvloed. Spesiale en selfs meer intensiewe voorsorgmaatreëls moes getref word om inwoners te beskerm. Hulle sien egter baie daarna uit om in 2021 weer al die sosiale en geldinsamelingssgeleenthede te kan aanbied en die tehuis se vriende en ondersteuners te kan ontvang.

* Vir enige navrae skakel 021 887 3124.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.