Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesogte internasionale prys vir professor aan die US

Dit is ’n eer wat min te beurt val.

Die gesogte Dorothy Ford Buschmann- presidensiële eerbewys is pas aan prof. Hester Klopper, viserektor: strategie en internasionalisering aan die Universiteit Stellenbosch (US), toegeken vir haar uitsonderlike bydrae tot verpleegkunde en wêreldwye gesondheid.

Sy het dié prys op 18 November in Washington DC in Amerika ontvang by die 45ste tweejaarlikse kongres van die Sigma Theta Thu Inter­nasionale Vereniging van Verpleegkunde (Sigma).

Sigma is die naasgrootste verpleegor­ganisasie in die wêreld met sowat 135 000 aktiewe lede in meer as 100 lande.

Die internasionale president van Sigma, in oorleg met die raad van direkteure, ken hierdie prys toe ter erkenning van buitengewone bydraes tot verpleegkunde en gesondheid.

Klopper is bekroon vir haar uitsonderlike bydraes tot verpleegkunde en gesondheid wêreldwyd.

Sy was ’n stigterslid van en instrumenteel in die vestiging van die eerste Sigma-tak in Afrika, wat uit 19 universiteite in nege lande bestaan en meer as 1 500 lede het.

In 2013 is Klopper as die eerste president van Sigma van buite Noord-Amerika ingehuldig en het sy uitstekende leiding aan die raad van direkteure gegee en ook leiding geneem met die vestiging van die wêreldwye adviesraad vir die toekoms van verpleeg- en verloskunde.

Buiten haar rol in verpleegkunde word sy ook deur Sigma as ’n wêreldleier beskou, waarvan haar rol as lid van die raad van direkteure van die konsortium van universiteite vir wêreldwye gesondheid en haar aanstelling as viserektor vir strategie en internasiona­lisering aan die US in Mei 2016 ’n duidelike bewys is.

Sy word internasionaal as akademikus en professionele leier erken en beskik oor uitgebreide netwerke op die gebiede van wêreldwye gesondheid, beleid, verpleeg­kunde en gesondheidsorg.

Sy het ook ’n professorale aanstelling in die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe by die US.

Van Klopper se ander prestasies nadat sy in 1981 aan die Hoërskool Alberton gematrikuleer het, sluit in: V In 2016 ontvang sy ’n eredoktorsgraad van die Oxford Brookes-universiteit in die Verenigde Koninkryk ter ere van haar wêreldwye bydrae tot die wetenskap van verpleegkunde en die opleiding van leiers in gesondheidswetenskappe. V Sy was tussen 2012 en 2018 ’n buitengewone professor by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, asook by die Universiteit van Wes-Kaapland, waar sy ook dekaan van die fakulteit gemeenskaps- en gesondheidswetenskappe was. V Sy is die hoofredakteur van IJANS (International Journal of Africa Nursing Sciences).V Klopper is in 2013 in die Amerikaanse akademie vir verpleegkunde en wetenskap ingehuldig en is tot op hede die enigste Suid-Afrikaner wat hierdie eer te beurt geval het.V In Suid-Afrika is sy ook ingehuldig as lid van die Akademie vir Wetenskap van SA.V Sy het haar Magister Curationis-graad (MCur) in 1993 en haar PhD in 1994 aan die Universiteit van Johannesburg (voorheen bekend as die Randse Afrikaanse Universiteit) voltooi, gevolg deur ’n MBA-graad in 2002 wat sy in die VK verwerf het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.