Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geweld moet gestop word

Die vlaag van geweld en moord in die land is werklik ’n rede tot kommer.Stellenbossers het dit tot nog toe redelik gespaar gebly, maar die feit dat dit elders tans hoogty vier, beteken nie dat dit geïgnoreer moet word nie.

Die xenofobiese geweld in die noorde van die land kan maklik oorspoel na die Wes-Kaap, soos dit al in die verlede gebeur het en Stellenbosch is nie gevrywaar daarvan dat dit nie hier sal gebeur nie.

Die buiteland, en veral lande in die res van Afrika, kyk met groot kommer na die huidige situasie en het al op diplomatieke vlak begin om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om die sinnelose geweld stop te sit. Owerhede lê nou die skuld en oorsaak van die geweld voor die deur van gewone misdadigers en ontken dat daar ’n geteikende aksie teen buitelanders is.

Sou dit dan so wees, hoekom word daar nie meer kragdadig teenoor hierdie misdadigers opgetree nie? Het mense-regte dan nou al so verwater dat dit ’n reg geword het om misdadig op te tree, omdat die oortreders die een of ander versinnebeelde regverdige rede daarvoor uitgedink het? En as die wetstoe-passingsowerhede dan optree, kan die skuldiges ook daarteen protesteer?

Die woonbuurte om die dorp is tans nog stil en ’n mens kan net hoop dat dit so sal bly.

Wat egter hier broei, is die euwel van grondbesetting wat al hoe ernstiger raak.

Gerugte van nuwe grondbesetters in die Papegaaiberg-natuurreservaat en op die Bottelarypad is rede tot kommer. En dit val binne Stellenbosch se munisipale gebied.

Geweld teen vroue en kinders is ook tans op die voorgrond en moet ten sterkste veroordeel word. Statistieke wil dit hê dat slegs sowat 9% van verkragtingsgevalle suksesvol vervolg word. Dit is dus nie alleen wetstoe-passing wat tekort skiet nie, maar ook die vervolgingstelsel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.